Please visit https://agra.com.na/index.php/auction-results to view the auction results held by Farm Wagnou on 17 August 2024.
To view the Wagnou Beefmasters auction summary click the button below.
Vanuit die staanspoor is die veiling gekenmerk deur lewendige mededinging! Wagnou Beefmasters is opreg dankbaar vir die ondersteuning van kopers, hul gesinne en ander besoekers wat die eerste Wagnou Beefmaster Veiling bygewoon het! Ons gee graag foto-terugvoer aan u deur om die spesiale oomblikke van hierdie suksesvolle geleentheid te deel.
‘n Uitstekende verskeidenheid van diere: geregistreerde bulle sowel as vroulike diere (stoet en kommersieel is aangebied.
Beefmasters is besonder goed aangepas vir ons omgewing met 14 van die 19 bulle wat aangekoop is deur boere wat reeds Wagnou-bulle in hulle kuddes gebruik. Melody Viviers het lot 16 vir N& 82 000 aangekoop nav die positiewe verskil wat ‘n huidige Wagnou bul reeds in haar kudde bring.
Boere het reeds besluit watter lotnommers hulle sou interesseer met die besigtiging van die diere in die moderne nuwe krale wat so ontwerp is dat kopers in die skadu van “Wagnou-groen” nette gerieflik onder mekaar kon beraadslag oor voorkeurkeuses!
Met groot waardering aan die ervare “stockmen” Sigi en Paul vir julle deurlopende insette; en natuurlik Martin, hoof beesman van Wagnou wat elke koei, kalfie en bul met soveel ongelooflike toewyding en opregte omgee versorg.
Billike pryse is behaal met al 19 bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van N$ 70 200.
Baie dankie vir almal se ondersteuning, namens die Wagnou en Agra-span.